top of page

KERG 611

INLEIDING IN DIE GEREFORMEERDE KERKREG

Die vakgroep Ekklesiologie verwelkom jou as student in die kursuseenheid KERG611. Ons vertrou dat hierdie kursus vir jou van waarde sal wees, en vir jou groei in die Teologiese wetenskap, maar ook vir die praktyk van jou bediening as predikant. Indien daar enige  aspek van die werk nie duidelik is nie, moet die probleem onmiddellik aandag kry. Indien jy nie die vrymoedigheid het om probleme in die klas te bespreek nie, is jy welkom om met jou dosent ’n afspraak te maak.

Hierdie kursuseenheid is een van vier kursuseenhede in Kerkreg. Die hoofdoel van die kursuseenhede is om studente toe te rus om insig te hê in die wetenskap van die Gereformeerde Kerkreg sodat die kerk op ’n kundige manier regeer kan word.

Seminaar 1 - Die ensiklopediese plek van Kerkreg

Uitkomste:

1) Dat jy weet wat die doel van KERG 611 is, die struktuur van die kursuseenheid verstaan, weet wat die pligte van die student en die dosent is, en weet watter bronne in die kursuseenheid gebruik word.

​

2) Dat jy in staat is om ’n gesprek te voer oor die volgende temas:

-Naam ensiklopedie

-Teologie

-Besondere plek van Kerkreg

​

Bronne om te raadpleeg:

-Kuyper, A. : Deel 3.

-Anon. S.A.  : Hoofstuk 1, 3

Seminaar 2 - Noodsaaklikheid van suiwere kerkbegrip

Uitkomste:

1) Dat jy ’n oorsig het oor enkele kerkbegrippe:

-Rooms

-Luthers, ens.

2)Dat jy ’n mening kan vorm oor die volgende stelling: Kerkregeringstelsels het bepaalde kerkbegrip as agtergrond.

​

Bronne om te raadpleeg:

-Du Plooy, 1982:9-34.
-Du Plooy, 1986: Chapters 2:10-17

Seminaar 3 - Die koninkryk van God en die kerk

Uitkomste:

Dat jy in staat is om ’n gesprek te voer oor:

-Die begrip koninkryk

-Koms van die koninkryk

-Belang van koninkryk vir Kerkreg

Verhouding tussen koninkryk en kerk (skeiding, identifisering,  regte verhouding)

​

Bronne om te raadpleeg:

-Du Plooy, 1982:34-63.
-Ridderbos, 1972:228-320.
-Van der Linde, 1978:
-Van der Walt, 1969:96 e.v.

Seminaar 4 - Die amp: Prinsipiële perspektiewe

Uitkomste:

Dat jy in staat is om ’n gesprek te voer oor:

-Die amp van Jesus Christus

-Charisma en amp

-Karakter van die amp

-Kerkregtelike skopus: amp-koninkryk-kerk

​

Bronne om te raadpleeg:

-Du Rand, 1988:75-94
-Kleynhans, 1988:166-176
-Ridderbos, 1966:479-514.
-Rossouw, 1988:40-48
-Versteeg, 1988:49-73

Seminaar 5 -Nuwe Testamentiese betekenis en gebruik van die   woord

ekklesia heilshistoriese en Christologiese begrip

Uitkomste:

1) Dat  jy in staat  is  om  enkele standpunte aangaande hierdie tema te  evalueer

o.a. die NG en NH Kerke

2) Dat jy die Nuwe Testamentiese gegewens hieroor ondersoek

3) Dat jy sekere omstrede tekste hieroor kan verklaar:

-Hand 9:31;

- Gal 1:13;  21, 22

4)Dat jy die woord ekklesia as heilshistoriese en Christologiese begrip verstaan.

​

Bronne om te raadpleeg:

-Du Plooy, 1982:64-111
-Ridderbos, 1966:364-441
-Schmidt, 1968:501-536
-Snyman, 1977:35-50

Seminaar 6 - Wesenseienskappe van die kerk: (1) eenheid  (2) heiligheid

Uitkomste:

1) Dat jy in staat is om ’n gesprek te voer oor:

-Die wesenseienskappe van die kerk

-Die Kerk:  voorwerp van geloof

2) Dat jy weet wat onder die eenheid van die kerk bedoel word:

-Indikatief-imperatief

-Sigbaar-onsigbaar

-Eenheid oor taal- en volksgrense

3) Dat jy weet wat onder die heiligheid van die kerk bedoel word:

-enkele dwalinge

-Indikatief-imperatief

-Heiligheid en tug

​

Bronne om te raadpleeg:

-Acta Sinode GKSA, 1967:359-411
-Du Plooy, 1982:121 e.v.
-Du Plooy, 1990:227-249
-Heyns, 1977:109 e.v.

Seminaar 7 - Wesenseienskappe van die kerk: (3) katolisiteit  (4) aposolisiteit

Uitkomste:

1) Dat jy weet wat bedoel word met:

-Katolisiteit en ekumenisiteit

2) Dat jy weet wat met apostolisiteit bedoel word:

-Roomse standpunt

-Gereformeerde standpunt

​

Bronne om te raadpleeg:

-Acta Sinode GKSA, 1967:359-411
-Du Plooy, 1982:121 e.v.
-Du Plooy, 1990:227-249
-Heyns, J.A. 1977. Die Kerk: 109 e.v.

Seminaar 8 - Die notae eclesiae

Uitkomste:

1) Dat jy weet wat die merktekens van die kerk is

2) Dat jy weet wat die verband van die merktekens met sleutels van die koninkryk is

​

Bronne om te raadpleeg:

-Confessio Belgica art 29
-Sondag 31 HK
-Polman, s.a:180 e.v.

Seminaar 9 - Grondslae van regsbeskouing

Uitkomste:

1) Beantwoord die volgende kernvraag:  wie/wat bepaal die reg?

2) Gee ’n oorsig oor die volgende historiese beskouinge:

-Roomse

-Lutherse

-Erastiaanse

-Kollegialistiese

-Kongregasionalistiese

-Calvinistiese

3) Wat is die verhouding:  Woord van God – konfessie

​

Bronne om te raadpleeg:

-Bouwman, 1928:1-52.
-Du Plooy, 1986
-Smit, 1985
-Van der Linde,1965:9-18; 77-82

Seminaar 10 - Inhoud  en  betekenis  van  begrippe:  reg  en geregtigheid

volgens die Ou en Nuwe Testament

Uitkomste:

1) Dat jy in staat is om die inhoud en betekenis van die volgende Ou Testamentiese begrippe te bespreek:

-Tsedek

-Tsedakah

-Mishpat

2) Dat jy in staat is om die inhoud en betekenis van die volgende Nuwe Testamentiese begrippe te bespreek:

-Dikaios

-Dikaiosuné

​

Bronne om te raadpleeg:

-Du Plooy, 1986
-Eloff,1988: Kyk relevante gedeeltes
-Smit, 1985:151-, 175-186.

Seminaar 11 - Oorsprong en wese van die reg. Samehang tussen kerk  en reg

Uitkomste:

1) Dat jy in staat is om die oorsprong van die reg prinsipieel te beoordeel.

2) Dat jy enkele teorieë oor die oorsprong van die reg kan evalueer:

-Natuurreg

-Positivisme

3) Dat jy weet wat bedoel word met die wese van die reg

4) Dat jy weet wat bedoel word met die samehang tussen kerk en reg:

-Skeiding van kerk en reg

-Onderskeiding

5) Dat jy weet watter dilemma die Duitse kerkreg beleef

​

Bronne om te raadpleeg:

-Du Plooy, 1986.
-Plomp, 1990:32-42.
-Smit, 1985.
-Van der Linde, 1965:77-82.

​

Ekstra leeswerk:

-Du Plessis, L.M. 1974.

Seminaar 12 - Kerkreg – Skriftuurlike beskouing

Uitkomste:

1) Dat jy weet wat ’n Skriftuurlike beskouing van kerkreg is.

2) Dat jy ’n definisie van Gereformeerde kerkreg kan gee.

​

Bronne om te raadpleeg:

-Vergelyk met seminaar 11
-Bakker, 1990:13-19

Seminaar 13 - Kubernetiek

Uitkomste:

1) Dat jy weet wat onder kubernetiek verstaan word

2) Dat jy weet waar kubernetiek se ensiklopediese plek is

3) Dat jy die volgende verhoudings verstaan:

-Kerkreg-kubernetiek

-Kerkreg-diakoniologie

​

Bronne om te raadpleeg:

-Bouwman, 1928:15.
-Anon, s.a.
-Kuyper,1909:468 e.v.
-Spoelstra, 1989

Seminaar 14 - Die opbou van die kerk

Uitkomste:

1) Dat jy weet wat verstaan word onder die kerk as bouwerk

2) Dat jy weet wat bedoel word met dit toerusting van die kerk deur die charisma, diakonia en dienste

3) Dat jy weet wat die vergadering van die dienste behels (bv. Handelinge 15)

​

Bronne om te raadpleeg:

-Du Plooy, 1982:230 e.v.
-Du Rand, 1988:75-94.
-Smit, 1988:196-204.
-Ridderbos,1966:479 e.v.
-Versteeg, s.a.
-Versteeg, 1988:49-73.

Seminaar 15 - Organisasie van die NT kerk

Uitkomste:

1) Dat jy weet wat met die term koninkryksperspektief bedoel word

2) Dat jy weet hoe:

-Die organisasie van kerke uit Jode gefunksioneer het

-Die organisasie van kerke uit heidene gefunksioneer het

​

Bronne om te raadpleeg:

-Du Plooy, 1982:186 e.v.
-Sillevis ,1910.
-Bronkhorst, 1990:43-58.

bottom of page