top of page
Prof Johannes Smit
Vakgroepvoorsitter van Ekklesiologie

Prof Smit is as adviseur by verskeie deputate van die Gereformeerde kerke in Suid-Afrika betrokke en verskaf op versoek ook advies oor kerkregtelike aspekte aan gemeentes en individue.

Sy navorsingsfokus is die toepassing van kerkordes met ʼn spesifieke fokus op die kerkorde van Dordrecht 1618/19 vanuit die tersaaklike prinsipieel-historiese agtergrond. Hy het ook ʼn navorsingsbelangstelling in kontemporêre kerk-staat verhoudinge. Hy het verskeie publikasies die lig laat sien oor die vraag of ʼn predikant in terme van die arbeidsreg as ʼn werknemer van ʼn kerkraad beoordeel behoort te word. Van sy referate en publikasies is onder meer die volgende:

  • The “mission” of the Church and the Church Order of Dordrecht 1619 (Convent of Reformational Churches in southern Africa, Potchefstroom (March 2017).

  • Luther ́s Theology and Calvinistic Church Orders and Church Polity (Refo500, Emden, Luther and Calvinism - Image and Reception of Martin Luther in the History and Theology of Calvinism (September 2015).

  • SMIT, J. 2014. Fundamental Human Rights in Calvinist Church Polity. An Orientation. (In: Allan. J. Jansen, Leo J. Koffeman (eds.), Protestant Church Polity in Changing Context I; Proceedings of the International Conference, Utrecht, The Netherlands, 7-10 November, 2011, Berlin: LIT): 107-116.

  • SMIT, J. 2013. The Reformed Churches in South Africa – a perspective on church's view of the state. Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif. 54(1&2):130-139.

Konferensie uitgawe:

  • Leo J. Koffeman, Johannes Smit (Eds.) 2014. Protestant Church Polity in Changing Contexts II. Case Studies. Proceedings of the International Conference, Utrecht, The Netherlands, 7-10 November, 2011, Berlin: LIT.

Prof Smit is ook ʼn geakkrediteerde mediator (bemiddelaar).

 

bottom of page