KERG 811
Die Vakgroep Ekklesiologie verwelkom jou as student in die kursuseenheid KERG 811. Ons vertrou dat hierdie kursus vir jou van waarde sal wees, nou vir jou groei in die Teologiese wetenskap, maar ook vir die praktyk van jou bediening as predikant. Indien daar enige aspek van die werk nie duidelik is nie, moet die probleem onmiddellik aandag kry. Indien jy nie die vrymoedigheid het om probleme in die klas te bespreek nie, is jy welkom om met jou dosent 'n afspraak te maak.
Hierdie kursuseenheid is een van vier kursuseenhede in Kerkreg. Die hoofdoel van die kursuseenhede is om studente toe te rus om insig te hê in die wetenskap van die Gereformeerde Kerkreg sodat die kerk op ’n wetenskaplike en kundige manier regeer kan word.
DIE GEREFORMEERDE KERKREG HISTORIESE OORSIG
Seminaar 1 - Oriëntering met betrekking tot die kursus
Uitkomste:
1) Dat jy weet wat die doel van KERG 811 is, die struktuur van die kursuseenheid verstaan, weet wat die pligte van die student en die dosent is, en weet watter bronne in die kursuseenheid gebruik word.
2) Dat jy weet wat die doelstellings van die kursus is en vertroud is met die metode van afhandeling.
3) Dat jy ’n geheeloorsig het van die historiese ontwikkeling van Kerkreg.
​
Bronne om te raadpleeg:
-Die studiegids vir KERG 811
Seminaar 2 - Ontwikkeling van die kerklike inrigting in die eerste drie eeue
Uitkomste:
1) Dat jy ’n weet wat die apostoliese vaders was. In besonder:
-Clemens
-Ignatius
-Didage
2) Dat jy ’n gesprek kan voer oor die opkoms van monargiese episkopaat:
-Die begrip
-Ontstaan: (a) leidende figure, (b) biskopsamp, (c) apostoliese suksessie
-Ontwikkeling: (a) sinodes, (b) ampstruktuur, (c) kerkstruktuur
​
Bronne om te raadpleeg:
-Bouwman, 1928. Part 1:113-183.
-Du Plooy, 1982: 281 e.v. Grant, 1964/65.
-Klijn, A.F. 1966.
-Lightfoot, J.B. 1973.
-Van der Linde, G.P.L. Klasdiktaat.
-Weijland , 1990: 75 e.v
Seminaar 3 - Rooms Katolieke Kerkreg . Episkopalisme
Uitkomste:
​
Dat jy in staat is om ’n gesprek te voer oor:
-Tydperk van beroep op apostoliese gesag - 2e tot 4e eeu
-Roomse Kerkreg, van kerk uitgaande kerkreg - 4e tot 7e eeu
-Kerkreg: selfstandige wetenskap: vanaf 1140 - sistematies
-Toename van dekretale; klassieke kanonistiek; 12e-16e eeu
-Na-klassieke tydperk: Trente 1545-63 tot 1e Vatikaanse konsilie in 1870-71
-Twintigste eeu: Verskyning van corpus iuris canonici 1918
-2e Vatikaanse Konsilie, 1962-1965.
-Episkopalisme
-Roomse stelsel: ampsbegrip, gesagsbegrip, kerkbegrip
​
Bronne om te raadpleeg:
-Bakker, 1990: 20 e.v.
-Coertzen, 1991: 201
-Van 't Spijker, 1990:301-312.
-Wentzel, 1990:231-245.
Seminaar 4 - Lutherse en Duitse Kerkreg
Uitkomste:
​
1) Dat jy in staat is om te weet wat verstaan word onder Lutherse kerkregering in die 16e eeu:
-landsheerlike stelsel: ampsbegrip, kerkbegrip, gesagsbegrip.
2) Dat jy weet hoe hierdie sisteem in die 17e - 19e eeu ontwikkel het:
-Episkopale, territoriale, kollegiale sisteme
​
3) Dat jy weet hoe die kerkreg in die 20ste eeu ontwikkel het:
-Sohm e.a.
-Kerkstryd 1933-1945
-belydende kerkreg: veral Heckel, Wolf, Dombois.
​
Bronne om te raadpleeg:
-Bouwman, 1928. Volume 1: 199-225.
-Coertzen, 1991: 4-21; 30-34; 50-57; 213-220.
-Exalto, 1990: 95-110
-Van 't Spijker, 1990: 86-90
Seminaar 5 - Gereformeerde Protestantisme
Uitkomste:
​
Let wel: Sleutel om te verstaan is om te onthou dat binne die breë Protestantisme verskeie lyne en aksent gevind word
1) Dat jy weet hoe die kerkinrigting by die volgende persone gefunksioneer het, asook hulle afsonderlike kerkregtelike aksente en bydraes.
-Bucer (1491-1551)
-Calvyn (1509-1564)
-Beza
​
2) Dat jy weet wat die staatsregtelike (caesaropapistiese) benadering tot kerkregering behels, veral by die volgende persone:
-Zwingli, Bullinger (albei Zurich)
-Erastus (Heidelberg)
-Hooker (Anglikaan)
-Remonstrante
​
3) Dat jy weet wie die teëhangers van staatsregtelike standpunt is en hulle sisteem kan bespreek:
-Independentiste of Kongregasionalisme.
​
4) Dat jy ’n gesprek kan voer oor die Kongregasionalisme en Presbiterianisme in:
-Engeland, Amerika en Skotland.
​
5) Dat jy ’n gesprek kan voer oor die gereformeerde kerkreg in 16e en 17e eeu in:
-Nederland, Frankryk, Geneve:
​
Bronne om te raadpleeg:
-Bouwman, 1928. Volume 1:232-252
-Coertzen, 1991: 22-30; 221-224
-Van 't Spijker, 1990: 126-162
-Van 't Spijker, 1990: 94-101
Seminaar 6 - Erastianisme, Kongregasionalisme, Prebiterianisme
Uitkomste:
​
1) Dat jy weet wat bedoel word met Erastianisme en die lyne kan trek vanaf Zwingli, Bullinger, Erastus, Anglikaanse Kerk (Hooker), Remonstrantisme. Staatsregtelike benadering.
2) Dat jy weet wat bedoel word met Kongregasionalisme (vgl. ook Puriteine): Engeland, Skotland en Amerika.
3) Dat jy weet wat bedoel word met Presbiterianisme:
-Engeland en Amerika in 16e en 17e eeu.
-Verskillende vorme van presbiterianisme.
​
Bronne om te raadpleeg:
-Bouwman, 1928. Volume 1:262-281
-Coertzen, 1991: 206-213; 224-234
-Deddens, 1990: 106-109
-Van 't Spijker, 1990: 104-105
-Van 't Spijker, 1990: 313-326
Seminaar 7 - Gereformeerde Kerkregering (16de-17de eeu)
Uitkomste:
​
1) Dat jy weet hoe die Gereformeerde kerkregering aanvanklike ontwikkel het vanaf Calvyn – 1568.
-Bucer, Calvyn, Geneve (1541-1561), Parys (1559)
-Vlugtelingkerke: Micron en a'Lasco
-Waalse kerke onder die kruis: 1563-1566
-Wesel 1568
2) Dat jy ’n gesprek kan voer oor die grondslae van die gereformeerde kerk- regering. Emden 1571.
3) Dat jy weet hoe die gereformeerde kerkregering verder ontplooi het (Nederland; Dordrecht 1574 – Dordrecht 1618/19).
-Dordrecht 1574 en 1578
-Middelburg 1581
-Den Haag 586
-Dordrecht 1618/19
​
Bronne om te raadpleeg:
-Pont, 1981. Deel 1
-Van't Spijker, 1987
-Compare seminar 5
Seminaar 8 - Kollegialisme
Uitkomste:
​
Dat jy ’n gesprek kan voer oor die kollegialisme
​
Bronne om te raadpleeg:
-Du Plooy, 1989:2-11​
-Pont, 1991. Volume 2:110-131
Seminaar 9 - Grondbeginsels van Presbiteriale kerkregering (1)
Uitkomste:
​
1) Dat jy weet die grondmotief van dié stelsel is die heerskappy (Hoofskap) van Christus en ’n gesprek daaroor kan voer:
-Koninkryk van God
-Christus: organiese en gesagshoof
2) Dat jy weet wat bedoel word met: Die plaaslike kerk selfstandig/ (kompleet)
-Koninkryk-kerk
-Kerkbegrip; algemene/plaaslike kerk
-Eenheid in verskeidenheid
-Begrippe: pluriformiteit, pluraliteit; instituut / organisme
-Kerkorde: plaaslike kerk
3) Dat jy ’n gesprek kan voer oor hoe die dienste in dié stelsel funksioneer:
-Presbiteriaal: ouderlinge regeerders (na Handelinge 15)
-Dienste: oorsprong; verhouding: diens-genadegawe
-Gesag van die dienste
-Soorte dienste: buitengewone en besondere dienste
-Begronding van dienste
-Vrou in besondere dienste?
​
Bronne om te raadpleeg:
-Vgl. studiegids by KER 631, veral seminaar 4
-Acta Nasionale Sinode 1988 i/s vrou in die kerk
-Du Plooy, 1982: 190 -199 e.v; 228-229
-Du Plooy, 1995:135-160
-Kleynhans, 1982. Volume I:79 e.v
-Van der Linde, 1965:39 e.v
Seminaar 10 - Grondbeginsels van Presbiteriale kerkregering (2)
Uitkomste:
​
1) Dat jy weet wat in dié stelsel verstaan word onder kerkverband:
-Fundering
-NT
-Ander standpunte
2) Dat jy weet hoe die verhouding kerkowerheid in dié stelsel funksioneer:
-Owerheid – kerk
-Kerk – owerheid
-Calvyn
-Artikel 36 NGB en art 28 KO
​
Bronne om te raadpleeg:
-Du Plooy, 1984: 19-36
-Du Plooy, 1991: 104-126
-Du Plooy, 1992: 759-771
Seminaar 11 - Oorsig en samevatting
Studente kry die geleentheid om enige vrae te vra oor al die werk wat bespreek is.
​
Bronne om te raadpleeg:
-Al die werk van die vorige seminare